Jy is fiks, kragtig, vol selfvertroue en mense respekteer jou. Jy is vry geestelik en emosioneel. Jou liggaam dien jou en jy is nie sy slaaf nie. Jy herstel die verhoudinge wat jy wil hernu. Jou finansies is daar waar jy dit wil hê.
By die eerste oogopslag kan jy dalk dink dat so iets nie maklik moontlik is nie. Daar is soveel redes wat ek en jy aan kan dink wat ons sal verhoed om daarby uit te kom. Een van die eerstes is waarskynlik: “my omstandighede verhoed dit”. Hierdie is een van die baie leuens wat ons terughou om uit te kom by ons drome. Daar is nog heelwat ander ook, maar die een is krities en ons glo dit so maklik.
So wat ek en jy die meeste nodig het is nie ‘n nuwe motivering of nuwe aansporingslied of nuwe vriend wat ons kan help nie. Ons het in die eerste plek iemand nodig wat ons mentor, amper iemand soos Jesus en sy volgelinge. Uit die aard van die saak het Jesus baie tyd spandeer by die kern van sy groep van dissipels en hy het gelukkig mense gehad wat gehelp het om hom van fondse te voorsien dat hy die werk kon doen wat hy wel gedoen het. Hulle het ure bymekaar spandeer en hulle kon leer uit wat hy gedoen het en hoe hulle gesels het. Jy het iemand nodig wat jou vrae kan vra soos wat Jesus gevra het, vrae sonder om jou te oordeel? Vrae om jouself te ontdek en ‘n nuwe rigting te gee.
Om ‘n geskikte mentor re kry is nie altyd maklik nie, maar dis een van die kritiese goed wat ons aandag aan moet gee. Dit help tewens nie om op 31 Desember te besluit dat jy gesond gaan eet in die nuwe jaar nie en dan om op 5 Januarie weer daardie droom prys te gee nie.
Jy het iemand nodig wat op 2 Januarie saam na jou koskas te gaan kyk. Jy moet goed in die kas weggee of weggooi. Dis nie maklik nie, want die meeste van ons het geleer dat ek nie goed (veral nie kos nie!) moet weggooi nie. As jy egter iemand het wat jou koskas saam deurgaan, maak dit die proses makliker.
Dis natuurlik ideaal as daardie selfde persoon jou sou help om na jou inkopielys te kyk vir voedsel. Wat gaan jy nou eet? Gaan jy weer dieselfde goed koop en eet wat jou ongesond laat eet het? Dikwels is dit ‘n gebrek aan kennis en ‘n vrees vir verandering. As jou mentor vir jou leiding kan gee, maak dit die proses baie makliker.
Dan moet die kos natuurlik lekker smaak wanneer jy dit eet. Dit help net mooi niks dat ek die gesondste kos op aarde het, maar dat dit so sleg smaak dat ek dit nie in my lyf kan kry nie. Dit beteken dat my resepte goed moet wees en dat ek moet eksperimenteer totdat ek die regte resep gekry het wat vir my werk nie. Ek weet, ek het onlangs drie dae lank gewoel om ‘n nuwe “smoothie”-resep so te kry dat dit vir my heerlik was. Ek gaan mos nie ‘n ding wat sleg smaak aanhou eet of drink nie.
Sommige mense wil ook graag in Januarie gewig verloor. Dis wonderlik, veral na ‘n lekker vakansie. Baie van hulle gooi egter gou tou op, hoofsaaklik oor drie redes – hulle het nie genoeg energie met hulle nuwe eetplan nie of hulle raak siek of hulle het niemand wat hul motiveer of ondersteun nie.

‘n_Mentor kan hier ook weer help. Energie en goeie gewoontes is van kritiese belang.
Oefening is een van die kernaspekte om ‘n mens anders te laat voel en te laat dink. As jy heelwat oorgewig (of ondergewig) is, kan ‘n skielike oefenprogram jou heelwat skade berokken. Sekere persone sal meer nut daaruit kry om meer geleidelik te begin oefen. 
Stap, strek en dan later vinniger stap en draf. In die geval van ander sal gewigsverlies eers moet plaasvind aangesien die huidige gewig te swaar sal wees vir stap of draf en dit sal beserings aanbring. Dan is stap in die water ‘n beter opsie om te volg aanvanklik.
Hier het jy dan ook ‘n ervare mentor nodig wat jou die beste advies kan gee.
Dikwels het mens ‘n geestelike of emosionele blok wanneer dit by oefening kom. So was ek ‘n klompie jaar terug vies vir die liefde in my lewe en besluit toe, “ek gaan nou dik word om jou terug te kry”. Watter onsinnigheid, maar ek het ‘n hele paar kilogram opgetel voordat ek besef het dat ek besig is om myself te benadeel. Ek het gelukkig daardie gewig weer afgegooi. ‘n Goeie mentor help jou om hierdie moontlike blokke raak te sien en te verwyder.

Van gewig verloor gepraat … iemand anders wat nooit in nog met gewig gesukkel het in die verlede nie, verstaan dikwels moeilik hoe ‘n inspanning dit is om gewig te verloor, veral as jy al ‘n paar pogings agter die rug het. Ek weet aangesien ek self 26 kg oor ‘n periode van 9 maande verloor het. Daar was moeilike dae, maar dit was die moeite werd. Jy het egter ‘n mentor nodig wat jou gaan bystaan in die proses. Dis natuurlik makliker as die mentor ook deur so ‘n proses gegaan het in die verlede.
Jy kan al klaar gesonder begin lewe deur net jou ontbyt in die oggende aan te pas. Energie is natuurlik hier weer krities belangrik.
Om jou by te staan het ons drie verskillende programme waaraan jy kan deelneem en die belegging in elk van die programme hang af van die periode wat jy betrokke is van 4 weke tot 16 weke.
As jy in die program is, kry jy
- toegang tot ‘n oefengroep – draf of stap twee keer per week of meer
- toegang tot ‘n gym saam met mentor vir onderleg in vier kritieke oefeninge
- eetplanne
- voorkeur aanvullings (preferred supplements)
- aanspreeklikheidsvennoot (accountability partner)
- whatsapp ondersteuningsgroep of facebook ondersteunersgroep
- Aankooplys (produkte en aanvullings)
- Kombuis/spens inspeksie
Die verwagting aan die einde van jou program is dat jy
- goeie spiere sal hê om die regte plekke
- beste vorm moontlik
- sterk kern spiere (maag en rug)
- selfvetroue
- sterk
- beter fiksheid
- groterwordende vryheid geestelike en emosioneel
Vul die onderstaande kontakvorm in of kontak Hansie Louw 082 776 5462 of whatsap.

Hierdie video sal jou dalk laat dink en droom oor wat moontlik is…. (of kopie hierdie vir jou webwerf as die video nie outomaties speel nie – https://youtu.be/6Yrq1h2NYa0 )